Kursusse verwant aan veeartsenykundige uitvoerfunksies

WCVITF: Sertifisering Wes-Kaapse Veeartsenykundige Internasionale Handelsfasilitering: 'n Praktiese gids tot uitvoersertifisering.
Veeartsenykundige Uitvoerkursusse

Hierdie kursus dien as 'n praktiese gids vir amptelike en gemagtigde privaatveeartsenykundiges oor die beginsels van veeartsenykundige gesondheidsertifisering vir die uitvoer van diere en/of produkte van dierlike oorsprong na lande waar invoervereistes nagekom kan word.

Die kursus bestaan uit 3 modules met 'n bevoegdheidsassessering na elke module. Deelnemers wat 'n gemiddelde telling van 80% of hoër in elke module behaal, sal kwalifiseer vir 'n Bevoegdheidsertifikaat.