AGR 140 AGRONOMIE 140 - Kweekhuisbestuur en kweekhuisgewasproduksie
Groenteproduksie en Agronomie
Die module spreek die invloed van die omgewing op kweekhuisgroenteproduksie aan en spreek die verbouing van verskeie groentesoorte (tamaties, komkommers en soetrissies) onder beheerde toestande aan. Dit spreek ook saailingproduksie aan.
CPP 141 Gewasbeskerming CPP 58467 141
Groenteproduksie en Agronomie
Inleiding met betrekking tot die chemiese plaagbeheerbedryf; registrasie en groepering van agente; toksisiteit van agente; berging, hantering en vervoer van agente; toedieningsmetodes en toerusting; klimaats- en omgewingsinvloede op beheerstrategieë.