Die Wes-Kaapse Departement van Landbou is hoofsaaklik verantwoordelik vir die bevordering van landbou in al sy ryk diversiteit in die Wes-Kaap. Dit bied 'n wye reeks ontwikkelings-, navorsings- en ondersteuningsdienste aan die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
Die departement se hoofkwartier is geleë op die historiese plaas, Elsenburg, in die skilderagtige Boland-streek. Ons lewer ook dienste aan nuwe en kommersiële boere en landbouwerkers vanaf ons streeksnavorsingsplase , Verdere Onderwys- en Opleidingsentrums, voorligtingskantore en staatsveeartsenykundige kantore.
Die bevordering van die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut as 'n landboukundige en opvoedkundige sentrum van uitnemendheid tot voordeel van die breër gemeenskap.
Om deeglike, geïntegreerde bestuurs- en vaardigheidsopleiding in landbou te bevorder met gevorderde spesialisasie in gebiedspesifieke velde van uitnemendheid wat deur die bedryf en maatskaplike behoeftes ingelig word.
Die HET-program het ten doel om junior plaasbestuurders, produksiebestuurders, tegnici, waardeketting-rolspelers en adviseurs op te lei met 'n wye reeks tegniese en praktiese vaardighede.
Die Beroepsertifikate wat by die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut aangebied word, is geakkrediteer deur die Kwaliteitsraad vir Ambagte en Beroepe (QCTO).